SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

SAHARA AVONTUUR REEKS - SIRKEL BOEKE

Die Sahara Avontuur reeks is briljante aksie-intrige verhale wat afspeel in die Sahara woestyn. Die hoofkarakter is Theuns Stegmann, 'n Suid-Afrikaner wat daar aangesluit het by die Franse Vreemde Legioen, omrede sy broer gedurende die tweede wêreld oorlog afgeskiet is deur die Duitsers. Hy glo vas dat sy broer nog lewe en deur sy aansluiting by die Franse Vreemde Legioen in die woestyn, het hy dus die geleentheid om so na hom te kan soek. Hy het sy Bolandse wynplaas agterweë gelaat en saam met Fritz Mundt die Duitser, Jack Ritchie die Engelsman, Podolski die Pool en Petacci die Italianer, beleef hulle die een spanningsvolle avontuur na die ander. Dit is natuurlik ook my gunsteling reeks, want mens weet net nooit wat volgende gaan gebeur nie.

Ander karakters wat dalk ook genoem kan word is Kolonel Le Clerq, die bevelvoerder van die Fort Dini-Salam en wat maar lief is vir sy skelm sopies en Kaptein D'Arlan, wat tereg as die Houdini van die Sahara woestyn bekend staan onder die Arabiere, omrede hy die vermoë het om hom en sy troepe elke keer uit die onmoontlikste situasies te kan laat ontkom. In meeste van die verhale is die Vreemde Legioen in een of ander manier in 'n skermutseling met Arabiere betrokke. Hulle ontdek onder andere 'n verlore tempel in die woestyn, 'n geheime wapenopslagplek van die Tweede Wêreld oorlog en gaan gebuk onder verraad deur hul eie Legioensoldate en vele ander baie interessante stories.

Meiring Fouche (FA Venter) wat die skrywer is van die reeks, is hier seker op sy allerbeste, as dit kom by spanning, drama, aksie en intriges. Hy het oorspronklik veertig boeke in die reeks geskryf, waarvan Sirkel uitgewers net sewe en dertig in die 1980's uitgegee het. Die volgorde van die boekies stem nie ooreen met die oorspronklike uitgawe nie. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

⭐ 37 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

37 Items
#1 Heks van die Sahara

Heks van die Sahara

Meiring Fouches 1980'
#2 Spore na die dood

Spore na die dood

Meiring Fouches 1980'
#3 Die Skarlaken ruiters

Die Skarlaken ruiters

Meiring Fouches 1980'
#4 Wraak van die woestyn

Wraak van die woestyn

Meiring Fouches 1980'
#5 Die fort is stil

Die fort is stil

Meiring Fouches 1980'
#6 Dood met sonop

Dood met sonop

Meiring Fouches 1980'
#7 Dreunende hoewe

Dreunende hoewe

Meiring Fouches 1980'
#8 Bloed voor die son

Bloed voor die son

Meiring Fouches 1980'
#9 Die spore roep

Die spore roep

Meiring Fouches 1980'
#10 Mademoiselle Julie

Mademoiselle Julie

Meiring Fouches 1980'
#11 Wraak van die sabel

Wraak van die sabel

Meiring Fouches 1980'
#12 Bloedige robyne

Bloedige robyne

Meiring Fouches 1980'
#13 Bloed oor die duine

Bloed oor die duine

Meiring Fouches 1980'
#14 Duine van die dood

Duine van die dood

Meiring Fouches 1980'
#15 Dreigende daeraad

Dreigende daeraad

Meiring Fouches 1980'
#16 Bouvalle van die dood

Bouvalle van die dood

Meiring Fouches 1980'
#17 Gaste van die dood

Gaste van die dood

Meiring Fouches 1980'
#18 Bitter die wraak

Bitter die wraak

Meiring Fouches 1980'
#19 Vlamme in die tempel

Vlamme in die tempel

Meiring Fouches 1980'
#20 Die dodelike sluipers

Die dodelike sluipers

Meiring Fouches 1980'
#21 Nag van geweld

Nag van geweld

Meiring Fouches 1980'
#22 Bloed oor die bouvalle

Bloed oor die bouvalle

Meiring Fouches 1980'
#23 Strik van die dood

Strik van die dood

Meiring Fouches 1980'
#24 Spelonk van verskrikking

Spelonk van verskrikking

Meiring Fouches 1980'
#25 Skaduwee van gister

Skaduwee van gister

Meiring Fouches 1980'
#26 Die skatte van Marabash

Die skatte van Marabash

Meiring Fouches 1980'
#27 Storm oor Dini-Salam

Storm oor Dini-Salam

Meiring Fouches 1980'
#28 Wraak in die woestynvesting

Wraak in die woestynvesting

Meiring Fouches 1980'
#29 Die verraaier van Dini-Salam

Die verraaier van Dini-Salam

Meiring Fouches 1980'
#30 Noodroep uit die woestyn

Noodroep uit die woestyn

Meiring Fouches 1980'
#31 Stille dood oor die Sahara

Stille dood oor die Sahara

Meiring Fouches 1980'
#32 Vlamme in die woestyn

Vlamme in die woestyn

Meiring Fouches 1980'
#33 Die raaisel van Aber-El-Mir

Die raaisel van Aber-El-Mir

Meiring Fouches 1980'
#34 Die bloedbad van Goras

Die bloedbad van Goras

Meiring Fouches 1980'
#35 'n Teken in die nag

'n Teken in die nag

Meiring Fouches 1980'
#36 Die geheim van Fort Laval

Die geheim van Fort Laval

Meiring Fouches 1980'
#37 Die swaard van verwoesting

Die swaard van verwoesting

Meiring Fouches 1980'